Wat is die eienskappe van suksesvolle leiers? Verskeie studies oor leierskap het getoon dat die volgende deurgaans eienskappe van doeltreffende leiers is. Hulle . . .
- besit visie
- het die vermoë om besluite te neem
- glo aan menslike waardes
- is entoesiasties
- het verbeelding
- is bereid om hard te werk
- wys dat hulle ander verstaan
- kan geleenthede raaksien
- het die vermoë om vinnig by verandering aan te pas
- is bereid om risikos te loop
- kan doeltreffend administreer
- wys volharding
- is bereid om lang ure te werk
- kan stres hanteer
- kan ander beïnvloed
Die teorie van leierskap:
- Leiers word gebore, nie gemaak nie
- Leiers is mense wat weet hoe om dinge reg te doen
- Leiers moet die regte dinge doen
- Leierskap het te doen met mag
- Leierskap behels meer as een persoon
- Leierskap moet uitnodigend wees






